Personeel van die Munisipaliteit Overstrand se Spesiale Taakspan het Vrydagoggend, 28 April, tuisgemaakte sop en broodjies aan ‘n paar crèches in Mt Pleasant en Zwelihle uitgedeel.
Die warm sop het groot byval gevind en was net die regte medisyne om die langnaweek in te wei.
Fronwen Marais, Grant Gillion en Phillip de Gruchy van die Taakspan het elke oomblik van die gemeenskapsuitreik geniet en beoog heelparty soorgelyke projekte vir die res van die jaar.
Hulle beplan ook om instandhoudingswerkies vir bejaarde persone, wie nie ‘n ondersteuningstelsel het; of wie se kinders nie betrokke in hul lewe is nie, te doen.
Marais het genoem dat elke personeellid in die Taakspan maandeliks ‘n bedrag gee om soortgelyke projekte te befonds. “Dit verg eintlik so min moeite om iets vir iemand te beteken, en dit is vir ons lekker om in ons gemeenskap betrokke te wees”, het hy bygevoeg.